
Ons Belydenisgrondslag
Die VGKSA is Gereformeerde kerke. Dit beteken dat ons in alle opsigte begeer om volgens die Heilige Skrif te leef, en dit as die betroubare en gesaghebbende Woord van God aanvaar. Ons streef daarna om Christelike lering en leefstyl te koester, en aanvaar dus die opsomming van die Heilige Skrif soos saamgevat in die geloofsbelydenisse van die ou Christelike Kerk:
- Apostoliese Geloofsbelydenis
- Geloofsbelydenis van Nicéa
- Geloofsbelydenis van Atanasius
Verder aanvaar die VGKSA die Gereformeerde standaarde wat uit die 16de eeu dateer. Gedurende daardie tyd het die Gereformeerde kerke in Europa teruggekeer na die Woord van God en sy lering, soos saamgevat in die volgende dokumente:
- Die Nederlandse Geloofsbelydenis
- Die Heidelbergse Kategismus
- Die Dordtse Leerreëls